Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die GeesVoorbeeld

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

DAG 1 VAN 30

God is die bron van vrede, nie ek nie; dit is nooit my vrede nie, maar altyd Syne, en wanneer Hy Homself onttrek, is dit nie meer daar nie. As ek enigiets toelaat om die Here Jesus vir my te verbloem, dan is ek óf verontrus óf het ek 'n valse sin van veiligheid.



Here, vanoggend dring 'n menigte klein dingetjies my bewussyn binne en bring ek hulle direk in U teenwoordigheid. Sê in u wysheid: "Vrede, wees stil!" en mag my geordende lewe dan die skoonheid van u vrede bely.



OORDENKINGSVRAE:

1. Wat gebeur wanneer ekself probeer om vrede van binne te bewerkstellig?

2. Wat laat ek toe om tussen my en God te kom?

3. Teen watter valse gevoel van veiligheid moet ek waak?

4. Watter klein dingetjies heers in my lewe en ontsier die skoonheid van God se vrede?



Aanhalings uit: "Christian Discipline" en "Knocking at God’s Door", © Discovery House Uitgewers.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Peace - Life in the Spirit

"Vrede: Lewe deur die Gees" is 'n inspirerende skat van aanhalings uit die werke van Oswald Chambers, die wêreld se mees geliefde oordenkingskrywer en outeur van "My Utmost for His Highest". Vind rus in God en kry 'n die...

More

Baie dankie aan Discovery House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek www.utmost.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid