Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 5 VAN 28

God het nie ons geld nodig nie.



Wat is die mees ongemaklike geskenke-gee ervaring wat jy al ooit gesien het? Dalk is jy of iemand wat jy ken uitgevang dat jy 'n geskenk gegee het wat voorheen aan jou gegee is? Of die geskenk was glad nie iets wat die persoon wou hê nie. Wanneer dit by die gee van geskenke kom, gaan dit nie oor die geskenk self nie. Dit gaan oor die hart van die gewer.



In Genesis 4, ontmoet ons twee broers, Kain en Abel. Kain het teësinnig die oorskiet van sy oes gegee, maar Abel het vir God sy mees waardevolle diere uit die trop gegee. Abel se gawe is in liefde gegee en 'n begeerte om God te behaag. Kain se gawe nie.



God het vir Kain 'n kans gegee om sy hart te verander en hom gewaarsku teen die sonde wat hom sou oorwin, maar Kain het net kwaad geword en toegelaat dat jaloesie hom verteer. Kain het vir Abel vermoor, wat daartoe gelei het dat hy verban is uit God se teenwoordigheid.



Om te gee is 'n saak van die hart. God wil nie hê ons moet vir Hom gee sodat ons nog 'n takie kan afmerk nie. Hy wil ook nie hê dat ons minder as ons beste gee nie. God wil hê ons moet uit 'n gelowige hart gee wat brand om Hom te behaag. God het nie ons gawes nodig nie; Hy soek ons harte.



Dink Hieroor:

1. Gee jy aan jou plaaslike kerk? Hoekom of hoekom nie?

2. Wat motiveer jou om te gee?

3. Weerspieël jou gawe dat jy 'n hart het wat vir God lief is? Indien ja, hoekom? Indien nee, wat moet verander?



Bid:

Jesus, dankie dat U meer omgee oor my hart as die grootte van my gawe.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid