Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 8 VAN 28

Almal kan tiendes bekostig.



'n Ryk man in die Bybel het 'n probleem gehad wat baie mense graag sou wou hê. Wat doen jy as jy meer besittings het as plek om dit in te stoor? Die man het 'n geweldige groot oes gehad, meer as hy of sy familie ooit kon gebruik, maar waar sou hy die oortollige oes bêre? Hierdie ryk man het besluit die ideale oplossing was om groter skure te bou om sy rykdom te beskerm. Die man se skynbaar onwankelbare ryk het binne oomblikke geval met 'n teregwysing van God af:



"Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie" (Lukas 12:20-21).



Hier was 'n man wat oorvloed gehad het, maar so gierig soos kan kom. Dit was as gevolg van sy gierigheid dat hierdie man dood is. Jy sien, om van God te steel - die Een wat lewe gee - sal net eindig deur jouself van die ware lewe te beroof. Ons almal wil gereed wees vir die toekoms, maar hoe balanseer jy wyse besparing met vrygewigheid?



Dink Hieroor:

1. Op watter een manier kan jy weet wanneer jy gierig is?

2. Hoe beskerm vrygewigheid ons teen gierigheid?

3. Wat kan jy vandag weggee?



Gebed:

Jesus, U het my so baie gegee! Beskerm my hart teen gierigheid en wys my hoe ek vandag vrygewig kan wees.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid