Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 2 VAN 28

Alles behoort aan Jesus.



Wanneer ons hard vir iets werk, ervaar ons 'n sin van eienaarskap daaroor. Of ons nou vir 'n salaris werk of kinders by die huis grootmaak, sien ons die resultate van ons harde werk as ons s'n. Maar die waarheid is dat die aarde en alles daarin aan die Here behoort. Ons besit niks - nie ons huise, ons motors of spaarplanne nie. Alles wat ons het is seëninge van God af, en wat ons daarmee doen maak vir Hom saak.



Omdat ons geld aan God behoort, het ons 'n verantwoordelikheid om dit reg te bestuur. In Matteus 25 vertel Jesus die verhaal van 'n baas wat geld aan verskeie dienaars gegee het. Een dienaar het sy geld swak bestuur, dus neem God toe sy geld van daardie dienaar af weg en gee dit aan 'n ander dienaar wat baie ywerig was.



God vertrou ons om dit wat aan ons gegee word goed te bestuur. Wanneer ons aan God bewys dat ons betroubaar is met wat Hy vir ons gee, kan Hy ons met nog meer vertrou!



Dink Hieroor:

1. Het jy al ooit daaraan gedink dat alles wat jy besit aan die Here behoort? Hoe verander dit die manier waarop jy finansiële besluite neem?

2. As God vandag na jou finansies sou kyk, sou Hy jou as 'n betroubare bestuurder sien? Hoekom of hoekom nie?

3. Watter een ding kan jy vandag doen om die rykdom wat God aan jou gegee het, beter te bestuur?



Gebed:

Jesus, alles wat ek het behoort aan U en alles wat ek is, is aan U te danke. Help my om 'n goeie rentmeester te wees van dit wat U vir my gegee het.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid