HOOGLIED 8:1
HOOGLIED 8:1 Bybel vir almal (ABA)
“Ek wens jy was my broer, ek wens jy het ook aan my ma se bors gedrink. As ek jou dan buite in die straat gekry het, dan sou ek jou gesoen het, en niemand sou gedink het dit is verkeerd nie.
HOOGLIED 8:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AG, was u maar vir my soos 'n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.
HOOGLIED 8:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Was jy maar my broer! Het jy ook maar aan my ma gedrink! Dan het ek jou gesoen as ek jou in die straat kry en niemand sou my daaroor kwalik geneem het nie.
HOOGLIED 8:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Was jy maar vir my soos 'n broertjie wat aan my ma se borste drink. As ek jou buite teëkom en soen, sou niemand my kwalik neem nie.
HOOGLIED 8:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ag, was jy soos my broer, wat die borste van my moeder gesuig het! as ek jou daarbuite sou vind, sou ek jou soen; ja, ek moet nie verag word nie.