HOOGLIED 7:10-12
HOOGLIED 7:10-12 Bybel vir almal (ABA)
Ek behoort aan die man vir wie ek lief is, en hy verlang na my.” Sy sê: “Kom, man vir wie ek lief is, kom ons gaan uit die stad, kom ons gaan slaap in die dorpies. Kom ons gaan vroeg na die wingerde, kom ons gaan kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry, kom ons gaan kyk of die blomme oopgegaan het en of die granaatbome blom. Daar sal ek vir jou wys hoe lief ek vir jou is.”
HOOGLIED 7:10-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek is my beminde s'n, en sy begeerte is na my. Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag. Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.
HOOGLIED 7:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my dat hy smag. Kom, man wat ek liefhet, kom ons gaan veld toe, kom ons gaan slaap in die dorpies; ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe, ons gaan kyk of die wingerdstokke bot, of die botsels oop is en die granaatbome bloei. Daar sal ek my liefde vir jou gee.
HOOGLIED 7:10-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek behoort aan my liefste en sy begeerte is na my. Kom, my liefste! Kom ons gaan uit na die veld, laat ons tussen die hennablomme oornag. Laat ons vroeg na die wingerde gaan, gaan kyk of die wingerd bot, of die botsels al oop is, of die granaatbome in bloei staan. Daar sal ek my liefde aan jou gee.
HOOGLIED 7:10-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek behoort aan my beminde, en sy begeerte is na my. Kom, my geliefdes, laat ons uitgaan na die veld; laat ons in die dorpe bly. Laat ons vroeg opstaan na die wingerde; laat ons kyk of die wingerdstok floreer, of die sagte druiwe verskyn en die granate uitspruit; daar sal Ek jou my liefdes gee.
HOOGLIED 7:10-12 Die Boodskap (DB)
Ek behoort aan my liefling wat na my smag en verlang. Kom, my liefling, kom ons gaan loop in die veld en oornag in die dorp. Vroegoggend besoek ons die wingerd en kyk of die bome al bot en die granaatboom se bloeisels al blom. Daar sal ek jou dan al my liefde wil gee.
HOOGLIED 7:10-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek behoort net aan my liefling. Hy smag na my. Kom, my liefste, kom ons gaan uit na die veld, kom ons gaan slaap tussen die lelies. Môre-oggend vroeg gaan ons na die wingerde toe om te kyk of dit al bot, of die botsels al oop is, en of die granaatbome al bloei. Daar gee ek jou my liefde.