HOOGLIED 5:2
HOOGLIED 5:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek het geslaap maar my hart het wakker gebly. Toe hoor ek die man wat ek liefhet, klop en hy sê: ‘Maak vir my oop, my beminde bruid, my duif, my volmaakte! My kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid!’
HOOGLIED 5:2 Bybel vir almal (ABA)
Sy sê: “Ek het geslaap, maar my hart het wakker gebly. Ek hoor toe dat die man teen die deur klop, die man vir wie ek lief is, hy het gesê: ‘My suster, my liefste, my duif, jy is perfek. Jy moet die deur vir my oopmaak, my kop is nat van die dou, my hare het nat geword in die nag.’
HOOGLIED 5:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop: Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my duif, my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels.
HOOGLIED 5:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek was aan die slaap, maar my hart was wakker. Hoor daar! My liefste klop! “Maak vir my oop, my suster, my liefling, my duif, my volmaakte; my kop is nat van dou, my lokke deurdrenk van die nag se dou.”
HOOGLIED 5:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek slaap, maar my hart word wakker; dit is die stem van my beminde wat klop en sê: Maak oop vir my, my suster, my liefling, my duif, my onbesmette, want my kop is vol dou en my lokke met die druppels. Van die nag.