HOOGLIED 3:1-2
HOOGLIED 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op my bed in die nag het ek gesoek na hom wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie. Ek het opgestaan en in die stad rondgegaan op die strate en die pleine, en hom gesoek wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.
HOOGLIED 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Sy sê: “Toe ek in my bed soek na die man vir wie ek lief is, toe ek hom soek in die nag, het ek hom nie gekry nie. Ek het gesê ek wil opstaan en in die stad rondloop op die strate en die oop stukke grond, ek wil soek na die man vir wie ek lief is. Ek het na hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie.
HOOGLIED 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
OP my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie. Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
HOOGLIED 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die hele nag op my bed hunker ek na die geliefde van my hart. Ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie. Laat ek nou opstaan en die stad deurkruis, op die strate en pleine na die liefde van my hart soek. Ek het hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
HOOGLIED 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het snags op my bed na hom gesoek vir wie my siel lief is; ek het hom gesoek, maar hom nie gevind nie. Ek sal nou opstaan en in die stad rondgaan op die strate, en op die breë paaie sal ek hom soek vir wie my siel lief is; ek het hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
HOOGLIED 3:1-2 Die Boodskap (DB)
Een aand op my bed het ek na my geliefde gesmag. Na hom het ek gehunker, maar hy het nooit gekom nie. Toe het ek opgestaan en deur die strate en elke stegie geloop op soek na my geliefde, maar ek kon hom nêrens vind nie.
HOOGLIED 3:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Elke nag lê ek op my bed en verlang na die man wat ek liefhet. Ek het na hom gaan soek, maar ek kon hom nie kry nie. Ek sal weer opstaan en in die stad na hom gaan soek, in die strate en op die pleine. Ek het oral na hom gesoek, maar kon hom nêrens kry nie.