ROMEINE 2:4
ROMEINE 2:4 Bybel vir almal (ABA)
God is baie goed, Hy straf mense nie gou nie, Hy is geduldig, want Hy wil hê jy moet lewe soos Hy sê. Maar dit alles is nie vir jou belangrik nie.
ROMEINE 2:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?
ROMEINE 2:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?
ROMEINE 2:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie?
ROMEINE 2:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Of verag jy die rykdom van sy goedheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid; weet jy nie dat die goedheid van God jou tot bekering lei nie?