ROMEINE 2:10-11
ROMEINE 2:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Maar God sal baie goed wees vir die mense wat goeie dinge doen. Hulle sal soos konings wees, almal sal hulle respekteer, en God sal vir hulle vrede gee, eerste vir die Jode en dan vir die mense wat nie Jode is nie. Ja, God dink nie een mens is belangriker as 'n ander mens nie.
ROMEINE 2:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek. Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.
ROMEINE 2:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goed doen, in die eerste plek aan die Jood, maar ook aan die nie-Jood. God trek immers niemand voor nie.
ROMEINE 2:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar heerlikheid, eer en vrede wag vir elkeen wat die goeie doen, eerstens vir die Jood, maar ook vir die Griek. Want God beoordeel niemand volgens sy uiterlike nie.
ROMEINE 2:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar eer, eer en vrede vir elke man wat goed doen, eerste vir die Jood en ook vir die heiden; Want daar is geen aansien vir die persoon by God nie.
ROMEINE 2:10-11 Die Boodskap (DB)
Aan die ander kant wag daar ’n wonderlike tyd van vrede op almal wat doen wat God vra. Hy sal hulle met groot eer beklee. Dit geld ook vir alle mense, Jode sowel as nie-Jode. Mense se afkoms maak regtig nie vir God saak wanneer Hy oordeel nie. Hy trek niemand voor nie.