ROMEINE 16:17-18
ROMEINE 16:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ek vra mooi vir julle: Julle moet oppas vir die mense wat julle laat stry en sonde laat doen. Dit is nie wat julle geleer het nie. Julle moet hulle los. Hulle dien nie vir Christus die Here nie, hulle dink net aan dit wat hulle self wil hê. Hulle sê baie mooi dinge, en so verlei hulle die mense wat min weet.
ROMEINE 16:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
ROMEINE 16:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek druk julle dit op die hart, broers: Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af. Sulke mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie drifte en drange, en met al hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle die liggelowige mense.
ROMEINE 16:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek doen 'n beroep op julle, broers, om mense in die oog te hou wat verdeeldheid en struikelblokke veroorsaak, in stryd met die leer waarin julle onderrig is. Bly weg van hulle af. Want hierdie soort mense dien nie Christus ons Here nie, maar hulle eie maag. Met strelende woorde en vleitaal mislei hulle die harte van naïewe mense.
ROMEINE 16:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek smeek julle nou, broeders, let op die wat verdeeldheid en aanstoot veroorsaak in stryd met die leerstelling wat julle geleer het; en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus Christus nie, maar hulle eie buik; en verlei die harte van die eenvoudiges deur goeie woorde en mooi woorde.
ROMEINE 16:17-18 Die Boodskap (DB)
Broers en susters, oppas vir daardie mense wat die kerk probeer skeur met hulle vals sienings oor God. Hulle krap almal om omdat hulle dinge sê wat in stryd is met alles wat julle oor God geleer het. Bly uit hulle pad uit. Hierdie mense maak net asof hulle Christene is, maar hulle stel glad nie daarin belang om ons Here Jesus te dien nie. Nee, hulle dien net hulle eie siek begeertes. Hulle gebruik mooi woorde en vleitaal om onskuldige gelowiges deurmekaar te maak.
ROMEINE 16:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nog ’n laaste beroep op julle, broers en susters. Wees op die uitkyk vir mense wat verdeeldheid veroorsaak en Christene se geloof ondergrawe deur dinge te verkondig wat bots met dit wat julle geleer het. Vermy hulle. Sulke mense dien nie vir Christus ons Here nie, maar hulle eie persoonlike belange. Deur hulle mooipraatjies en vleitaal mislei hulle naïewe mense.