DIE OPENBARING 12:11
DIE OPENBARING 12:11 Bybel vir almal (ABA)
Maar die gelowiges het die Satan oorwin omdat die Lam gesterf het en omdat hulle vir almal vertel het wat hulle geglo het. Ja, hulle was nie bang toe die mense hulle doodgemaak het nie.
DIE OPENBARING 12:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
DIE OPENBARING 12:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.