PSALMS 8:2
PSALMS 8:2 Bybel vir almal (ABA)
Here, ons Here, die hele aarde en die lug daarbo wys dat U Koning is en dat U regeer.
PSALMS 8:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
O HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
PSALMS 8:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
PSALMS 8:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
HERE, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde, U wat u luister bo die hemelruim vestig.
PSALMS 8:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Uit die mond van suigelinge en suigelinge het U krag gegee ter wille van u vyande, sodat U die vyand en die wraakgierig kan stilmaak.
PSALMS 8:2 Die Boodskap (DB)
Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is. Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring.