Psalms 8

8
1Vir die •musiekleier. Op Haghittiet. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Here, ons Heer,
hoe magtig is u Naam
oor die hele aarde,
U wat u luister
bo die hemelruim vestig.
3Deur die mond van kleuters en suigelinge
het U mag gevestig, vanweë u teenstanders,
om vyande en wraakgieriges stil te maak.
4Wanneer ek na u hemelruim kyk,
die werk van u vingers,
die maan en die sterre
wat U gevestig het –
5 wat is 'n mens dan dat U aan hom dink,
'n mensekind dat U aan hom aandag skenk?
6U het hom net minder
as 'n hemelse wese gemaak;
U het hom met eer en majesteit gekroon.
7U laat hom heers oor die werk
van u hande;
U het alles onder sy voete gestel:
8al die kleinvee en beeste,
ja, selfs die diere van die veld,
9die voëls van die hemel,
en die visse van die see wat verbytrek
op hulle roetes deur die oseane.
10 Here, ons Heer,
hoe magtig is u Naam
oor die hele aarde!

Tans Gekies:

Psalms 8: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid