PSALMS 8

8
Hoe groot is U!
1Vir die koorleier: Met snaarinstrumente. ’n Dawidspsalm.
2 Here, ons Here,
hoe vol majesteit is u Naam
op die hele aarde!
U heerlikheid
is hoër as die hemele.
3Kinders en babas
besing u lof,
want U het dié wat sterk is,
bestraf#8:3 Grondteks U het sterkte bestem weens die teenstanders. Daar is uiteenlopende menings oor die presiese vertaling van hierdie sin.,
vyand en wreker stilgemaak.
4Wanneer ek opkyk
na die naghemel
en ek sien die werke
van u vingers,
die maan en sterre
wat U in hulle plekke
geplaas het,
5wat is die mens
dat U aan hom dink,
die mensdom
dat U vir hulle omgee?
6U het hom
’n bietjie minder gemaak
as hemelse wesens,
en hom gekroon
met roem en eer.
7U het hom in beheer gestel
van alles wat u hande
gemaak het.
U het vir hom mag gegee
oor alle dinge:
8skape en beeste, alles,
en ook die wilde diere
van die veld,
9die voëls in die lug,
die visse in die see,
en alles wat swem
deur die seestrome.
10 Here, ons God,
hoe vol majesteit is u Naam
oor die hele aarde!

Tans Gekies:

PSALMS 8: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid