SPREUKE 11:25
SPREUKE 11:25 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer iemand dit goed laat gaan met ander mense, dan gaan dit goed met hom. As hy vir ander mense water gegee het toe hulle dors was, dan sal hy ook water kry wanneer hy dors is.
SPREUKE 11:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
SPREUKE 11:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.
SPREUKE 11:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie 'n ander se dors les, kry self ook genoeg te drinke.
SPREUKE 11:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die vrygewige siel sal vet word, en hy wat natmaak, sal self ook natgemaak word.
SPREUKE 11:25 Die Boodskap (DB)
Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ’n gelukkige mens. As jy ander help, sal jy gehelp word as jy dit nodig het.