Spreuke 11

11
Wysheid verander jou manier van leef
1Dit walg die Here wanneer besigheidsmense oneerlik is, wanneer produkte swak en pryse buitensporig is. Eerlike transaksies maak Hom gelukkig.
2Mense wat dink hulle is beter as ander, word uiteindelik verneder. Mense wat nie so baie van hulleself dink nie, verstaan die kuns van die lewe. 3Vir mense wat die Here baie liefhet, is die lewe makliker. Hulle wat Hom nie ken nie, word deur valshede verwoes.
4Baie geld help maar min wanneer probleme jou oorval. Wie die Here ken, word van die dood gered.
5’n Gelowige vir wie die Here ’n werklikheid is, leef reg. Slegte mense se verkeerde dade verwoes hulle.
6’n Gelowige se verhouding met die Here help hom om krisisse te oorleef. Ongelowiges is die gevangenes van hulle eie begeertes.
7Wanneer ’n ongelowige doodgaan, sterf hy sonder enige hoop; al die drome en verwagtings wat hy lewenslank gekoester het, is dadelik daarmee heen.
8Hulle wat die Here ken, word in moeilike tye gehelp. Ongelowiges raak net meer en meer in hulle probleme verstrik.
9’n Ongelowige verwoes ander met sy woorde. ’n Gelowige wat die lewe ken, se woorde help ander wat in die moeilikheid is.
10As dit met die gelowige goed gaan, is almal baie bly. As ’n slegte mens doodgaan, klink daar oral uitroepe van blydskap op.
11Wanneer die Here ’n gelowige voorspoedig maak, trek baie mense voordeel uit sy rykdom. ’n Slegte mens se woorde en dade kan ’n hele gemeenskap laat ly.
12Iemand wat ’n vriend in die openbaar verneder, is ’n hartelose mens. Iemand met ’n fyn aanvoeling vir ander sal eerder swyg.
13Iemand wat skinderstories loop en versprei, lap ander se geheime uit. ’n Man met integriteit hou ’n geheim vir homself.
14Waar kennis van die lewe ontbreek, gaan ’n volk onder. ’n Goeie regering se krag lê in sy kundige leiers.
15Iemand wat sommerso vir ’n vreemde borg staan, kan finansieel swaarkry. Hy wat dit haat om borg te staan, se geld is veilig in die bank. 16Vir ’n vrou met integriteit is haar goeie naam belangrik. Vir roekelose mense wat niks vir ander omgee nie, is geld die belangrikste van alles.
17Iemand wat vir ander mense goed is, sal self die vrugte daarvan pluk. Iemand wat niks vir ander omgee nie, vernietig homself.
18’n Skurk se optrede bring min lewensvreugde. Wie vir ander mense omgee, se lewe sal vol blydskap wees.
Die lewe in volheid
19Wie die Here opreg dien, ervaar die lewe in al sy volheid. Wie verkeerde dinge doen, is dood, al haal hy nog asem.
20Mense wat net aan verkeerde dinge dink, maak die Here baie kwaad. Hy is baie gelukkig met hulle wat reg leef.
21Niks staan vaster as ’n slegte mens se straf nie. ’n Gelowige se nageslag sal gelukkig wees.
22Iemand sonder insig en die regte lewenstyl is soos ’n vark met ’n goue ring.
23Gelowiges het altyd hoop. Ongelowiges se drome lei tot frustrasie en ellende.
24Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer.
25Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ’n gelukkige mens. As jy ander help, sal jy gehelp word as jy dit nodig het. 26Wie nie respek vir die gemeenskap se belange het nie, word verstoot. Wie die nood van die gemeenskap raaksien, word deur almal geëer.
27Wie reg leef, verheerlik God. Wie na slegte dinge smag, word daardeur verwoes.
28Wie dink hy kan op sy geld vertrou, sal wreed ontnugter word. Wie in die Here glo, gaan van krag tot krag.
29Wie sy huisgesin te na kom se lewe sal leeg en sinloos wees. ’n Dom mens wat nie weet hoe om reg te lewe nie, sal nog vir ’n wyse werk. 30Die vrug van die geloof is die lewe in al sy volheid. ’n Wyse verstaan die honger en die nood van ander.
31As selfs ’n gelowige hier op aarde ly, hoeveel te meer nie ’n goddelose en ’n sondaar nie.

Tans Gekies:

Spreuke 11: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid