SPREUKE 1:8-10
SPREUKE 1:8-10 Bybel vir almal (ABA)
My kind, jy moet luister na wat jou pa en jou ma vir jou wil leer, jy moenie vergeet wat hulle vir jou leer nie. As jy dit nie vergeet nie, dan sal jy 'n mooi lewe hê. My kind, wanneer sondaars jou verkeerd wil laat doen, dan moet jy nie luister na hulle nie.
SPREUKE 1:8-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie
SPREUKE 1:8-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop en 'n kettinkie jou hals. As sondaars jou wil verlei, my seun, moenie toegee nie.
SPREUKE 1:8-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My seun, luister na die vermaning van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie; want dit is 'n bekoorlike krans vir jou kop, en halssnoere vir jou nek. My seun, as sondaars jou wil verlei, moenie instem nie.
SPREUKE 1:8-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My seun, hoor die tug van jou vader, en versaak die wet van jou moeder nie. Want hulle sal 'n sierlike versiering vir jou hoof wees en kettings om jou nek. My seun, as sondaars jou verlei, stem jy nie in nie.
SPREUKE 1:8-10 Die Boodskap (DB)
’n Jongmens moet die waarhede wat sy pa hom leer, ernstig opneem. Sy ma se lewenswaardes moet hy nie in die wind slaan nie. Ouers se liefdevolle dissipline maak ons mooi mense. Dit is soos klere wat ons lewe versier. As glibberige mense jou deel wil laat hê aan hulle gekonkel, moet jy weier. Pas op as hulle vir jou sê
SPREUKE 1:8-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My seun, luister na wat jou pa jou leer. Moenie wat jou ma vir jou sê in die wind slaan nie. Wat jy by hulle leer, sal jou lewe met goedheid kroon en ’n versiering wees om jou nek. My seun, as goddelose mense jou wil ompraat, moenie na hulle luister nie.