MARKUS 14:30
MARKUS 14:30 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Jy sal in hierdie nag drie maal sê jy ken My nie. Jy sal dit sê voordat die haan die tweede maal kraai.”
MARKUS 14:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Jesus vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag, voordat die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën.
MARKUS 14:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus sê toe vir hom: “Dit verseker Ek jou: Jy sal vandag nog, in hierdie nag, voordat die haan 'n tweede keer kraai, My drie keer verloën.”
MARKUS 14:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus antwoord hom: “•Amen, Ek sê vir jou: Jy sal vandag, vannag nog, voor die haan twee maal kraai, My drie maal verloën.”
MARKUS 14:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag, selfs in hierdie nag, voordat die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën.