JOSUA 5:1
JOSUA 5:1 Bybel vir almal (ABA)
“Die konings van die Amoriete wes van die Jordaan-rivier en die konings van die Kanaäniete by die see het gehoor dat die Here die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei het sodat die Israeliete oor die rivier kon gaan. Die konings het baie bang geword, hulle was bang om teen die Israeliete te veg.”
JOSUA 5:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe al die konings van die Amoriete aan die westekant van die Jordaan en al die konings van die Kanaäniete langs die see hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die Israeliete laat opdroog het totdat hulle deurgetrek het, het hulle harte ineengekrimp, sodat hulle nie meer moed gehad het vir die Israeliete nie.
JOSUA 5:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur toe al die konings van die Amoriete wat aan die westekant van die Jordaan was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see was, hoor dat die HERE die waters van die Jordaan van voor af opgedroog het en die kinders van Israel, totdat ons deurgetrek het, dat hulle hart gesmelt het, en daar was geen gees meer in hulle nie, vanweë die kinders van Israel.
JOSUA 5:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al die konings van die Amoriete wat wes van die Jordaan bly en al die konings van die Kanaäniete wat by die Middellandse See bly, het gehoor hoe die HERE die water van die Jordaan voor die Israeliete laat wegdroog het sodat hulle daar deur kon gaan. Hulle harte het gekrimp. Hulle het nie kans gesien om teen die Israeliete te veg nie.
JOSUA 5:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.
JOSUA 5:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Toe al die konings van die Amoriete wes van die Jordaan en al die konings van die Kanaäniete aan die see hoor dat die Here die water van die Jordaan voor die Israeliete laat opdroog het sodat ons kon deurgaan, het hulle harte van angs verstyf en het hulle nie meer moed teen die Israeliete gehad nie.”
JOSUA 5:1 Die Boodskap (DB)
Toe al die konings van die Amoriete wes van die Jordaan en al die konings van die Kanaäniete wat langs die Middellandse See gebly het, hoor dat die Here die Jordaan laat opdroog het sodat die Israeliete daardeur kon trek, het hulle moed in hulle skoene gesak. Hulle het baie bang geword. Hulle het nie meer moed gehad om teen die Israeliete te veg nie.