2 TIMOTEUS 1:1
2 TIMOTEUS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, is 'n apostel van Christus Jesus omdat God dit besluit het. God het my gestuur om die goeie boodskap te bring dat Hy aan mense die ewige lewe wil gee, aan die mense wat aan Christus Jesus behoort.
2 TIMOTEUS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is
2 TIMOTEUS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, gestuur om die belofte te verkondig van die lewe in Christus Jesus.
2 TIMOTEUS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n •apostel van •Christus Jesus, deur die wil van God, in ooreenstemming met die belofte van die lewe in Christus Jesus
2 TIMOTEUS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, volgens die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is