1 KORINTIËRS 1:22-23
1 KORINTIËRS 1:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Die Jode wil wondertekens sien en die Grieke wil slim dinge hoor, maar ons bring 'n boodskap dat Christus aan 'n kruis gesterf het. Vir die Jode is dit 'n groot probleem, en vir die heidene is dit iets wat dom lyk.
1 KORINTIËRS 1:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want die Jode vra 'n teken en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, 'n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke
1 KORINTIËRS 1:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin
1 KORINTIËRS 1:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Jode vra tekens en die Grieke soek wysheid. Ons egter, verkondig 'n gekruisigde •Christus. Vir die Jode is dit 'n struikelblok en vir die nie-Jode 'n dwaasheid.
1 KORINTIËRS 1:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die Jode vra 'n teken, en die Grieke soek wysheid. Maar ons verkondig Christus as gekruisigde, vir die Jode 'n struikelblok en vir die Grieke dwaasheid
1 KORINTIËRS 1:22-23 Die Boodskap (DB)
Die Jode sou wonderlike bomenslike tekens verkies het en die Grieke sou liewer wou gehad het dat alles mooi uitgeredeneer kon word. Maar ons vertel vir almal dat Jesus wat gekruisig is, die manier is waarop God dinge tussen Hom en sondaars regmaak. Die Jode weier botweg om dit te aanvaar en ander mense lag daaroor asof dit sommer ’n storie of ’n feëverhaal is.