SPREUKE 2:6-15

SPREUKE 2:6-15 AFR83

Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberispelik lewe. Hy sien toe dat reg geskied, Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars. As jy aanneem wat ek jou sê, sal jy insig kry in wat regverdig en reg en billik is en sal jy op die goeie pad bly. Die wysheid sal sy plek in jou lewe inneem, kennis sal vir jou iets aangenaams word, oordeelkundigheid sal oor jou wag hou en verstandigheid sal jou bewaak. Dit sal jou weghou van die verkeerde pad af en van mense af wat verkeerde dinge verkondig, van dié af wat die regte paaie verlaat om op donker paaie te loop. Hulle verheug hulle daarin om te doen wat sleg is en juig die wandade van die slegte mens toe; hulle paaie is krom en hulle koers is verkeerd.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid