SPREUKE 2:16-22

SPREUKE 2:16-22 AFR83

Die wysheid sal jou weghou van die slegte vrou af, die vrou met die verleidelike praatjies, wat haar eie man verlaat en die verbond van haar God vergeet het. Haar huis lei 'n mens na die dood toe, haar spore bring jou by die dooies uit. Mense wat na haar toe gaan, kom nie een terug nie; hulle kom nie weer op die paaie van die lewe nie. Loop jy liewer die pad van die goeie mense, bly op die paaie van die regverdiges, want die opregtes sal die land bly bewoon, dié wat onberispelik leef, sal ongehinderd gelaat word, maar slegte mense sal weggevee word uit die land, bedrieërs sal uitgeroei word.

Gratis leesplanne en oordenkings oor SPREUKE 2:16-22

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid