MATTEUS 8:1-4

MATTEUS 8:1-4 AFR83

Jesus het afgekom van die berg af, en 'n groot menigte mense het saam met Hom gegaan. 'n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 8:1-4

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid