Hooglied 6

6
Vroue van Jerusalem
1Jy is die allermooiste van die vroue, maar waar is jou liefling dan? Sê ons, dan help ons jou soek.
Sy
2Hy is na sy tuin toe waar die lekkerruikkruie groei. Daar wei sy kudde terwyl hy die lelies pluk.
3My geliefde is myne, net myne. En ek is syne, net syne. Julle sal hom by die lelies vind waar hy sy kudde laat wei.
Hy
4My liefste, jy is so asemrowend soos Jerusalem, so mooi soos die stad Tirsa en so indrukwekkend soos ’n weermag met swaaiende vaandels.
5Kyk weg van my, my liefste, want jou oë verkrummel al my weerstand. Jou mooi golwende hare lyk soos bokke wat teen die heuwels van Gilead afhuppel.
6Jou tande is so wit soos ’n trop skape wat so pas gewas is. Bo en onder pas elke tand op mekaar.
7Jou wange gloei agter jou sluier soos twee rooi granate.
8Al is daar 60 vroue, almal koninginne, of 80 byvroue of talle ander jong vroue om my, 9dan kies ek jóú nog bo almal, my liefste. Jy is jou ma se lieflingskind en die mooiste van alle vroue.
Koninginne, byvroue en jongmeisies moet jou skoonheid prys.
10“Wie is sy?” sal hulle vra. “Sy is so verruklik soos die vroeë oggend, so wondermooi soos die volmaan, so stralend soos die gloeiende middagson en so asemrowend soos soldate wat hulle baniere rondswaai.”
11Ek is na my tuin toe waar die neutebome staan. Ek wou sien of die palms al blom, die wingerd al uitloop en die granate se bloeisels al bot.
12En daar het ek na my geliefde verlang soos die drywer van ’n strydwa na ’n oorlog.
Vroue van Jerusalem
13Kom, nooientjie van Sullam, kom dans hier vir ons. Kom, sodat ons mooi kan kyk hoe jy lyk.
Sy
Wat is daar te sien aan die Sullamitiese meisie wat tussen die mense deur dans?

Tans Gekies:

Hooglied 6: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid