Esra 1:1-4

Esra 1:1-4 DB

In die eerste jaar wat Kores koning van Persië was, het die Here Kores oorreed om ’n besluit te neem. Hy het dit laat neerskryf en na almal in sy ryk gestuur om te lees. Dit het die belofte laat waar word wat die Here vir sy boodskapper Jeremia gemaak het, dat hulle sal terugkom na hulle land toe. Die besluit het so gelui: “Kores, die koning van Persië, gee die volgende opdrag: Die Here, die God van die hemel, het my koning gemaak van al die lande van die wêreld. Die Here het gesê dat ek weer vir Hom ’n tempel in Jerusalem in die provinsie Juda moet bou. Enigeen wat aan die Here se volk behoort, mag nou teruggaan na Jerusalem in Juda toe om te gaan help om die tempel vir die Here te bou. Die Here is die God van Israel. Hy bly in Jerusalem. Mag die Here saam met elkeen wees wat bereid is om terug te gaan. Die ander mense wat saam met hulle op dieselfde plek bly, moet die Judeërs help wat wil teruggaan. Hulle moet vir die mense wat teruggaan, die silwer en goud en diere en vee gee wat hulle gaan nodig kry om God se tempel in Jerusalem te bou.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid