Esra 1:1-4

Esra 1:1-4 AFR20

In die eerste regeringsjaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE die gees van Kores, koning van Persië, aangevuur. Dit het Hy gedoen om sy woord, aangekondig by monde van Jeremia, te vervul. Hy het 'n boodskap dwarsdeur sy hele koninkryk gestuur en dit selfs op skrif gestel: “ So sê Kores, koning van Persië, ‘Al die koninkryke op aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee. Enigiemand onder julle uit enige deel van sy volk – mag sy God met hom wees – hy moet optrek na Jerusalem in Juda om die huis te herbou van die HERE, die God van Israel, die God wat in Jerusalem is. En almal wat agterbly op al die plekke waar diegene wat wil teruggaan, as •vreemdelinge gewoon het, dit wil sê die mense van hulle omgewing, moet diegene wat wil teruggaan, ondersteun met silwer, goud, goedere en lewende hawe. Hulle moet ook vrywillige gawes gee vir die huis van die God wat in Jerusalem is.’ ”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid