2 Konings 7:17-20

2 Konings 7:17-20 DB

In die chaos het die koning die offisier wat saam met hom was, aangestel om orde in die poortgebied van die stad te handhaaf. Die skare het hom egter daar op die plein by die poort doodgetrap. So het alles gebeur soos Elisa voorspel het toe die koning die vorige dag na sy huis toe gekom het. Die man van God het toe vir die koning gesê: “Môre, omtrent hierdie tyd, sal ses liter fynmeel of twaalf liter garsmeel op Samaria se mark net ’n paar gram silwer kos.” Die offisier wat saam met die koning was, het toe vir Elisa gesê: “Jy is verspot, man! Selfs al maak die Here die hemel se vensters nóú oop, kan jou storie nie waar word nie!” Elisa het hom toe geantwoord: “Jy sal dit self sien gebeur, maar jy sal nie daarvan eet nie.” Dit het net so gebeur. Die mense het hom op die plein by die poort doodgetrap.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Konings 7:17-20

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid