2 Konings 7:17-20

2 Konings 7:17-20 AFR20

Die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, by die poort laat toesig hou. Maar die mense het hom in die poort vertrap en hy het gesterf, soos die man van God gesê het toe die koning na hom afgegaan en hy met hom gepraat het. Dit het gebeur net soos die man van God vir die koning gesê het: “Twee sea gars sal teen 'n sikkel en 'n sea gesifte meel teen 'n sikkel te koop wees teen hierdie tyd môre in die stadspoort van Samaria.” Die adjudant het toe mos die man van God geantwoord en gesê: “Kyk, al sou die HERE vensters in die hemelruim maak – sou so iets kon gebeur?” En hy het toe geantwoord: “Kyk, jy gaan dit met jou eie oë sien, maar daarvan sal jy nie eet nie.” Dit het toe net so met hom gebeur – die mense het hom in die poort vertrap, en hy het gesterf.

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Konings 7:17-20

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid