Matteus 17:1-8

Matteus 17:1-8 AFR20

Ses dae later het Jesus vir •Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle teen 'n hoë berg uitgelei, waar hulle alleen was. Voor hulle het Hy van gedaante verander: Sy gesig het gestraal soos die son, en sy klere het skitterend wit geword soos die lig. En kyk, Moses en Elia het aan hulle verskyn en was met Hom in gesprek. Petrus reageer toe en sê vir Jesus: “Here, dit is goed dat ons hier is. As U wil, laat my toe om hier drie hutte te bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” Terwyl hy nog praat, het 'n helder wolk skielik 'n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, 'n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.” Toe die dissipels dit hoor, het hulle op hulle gesigte neergeval, oorval deur vrees. Jesus het nader gekom, en nadat Hy hulle aangeraak het, sê Hy: “Staan op en moenie langer bang wees nie.” Toe hulle opkyk, het hulle niemand gesien nie, behalwe net Jesus self.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid