Klaagliedere van Jeremia 3:18-26

Klaagliedere van Jeremia 3:18-26 AFR20

Ek het gesê: My toekoms en my hoop op die HERE het verdwyn. Dink aan my nood en my swerwersbestaan, aan die wildeals en gif. Wanneer ek diep daaroor nadink, raak ek terneergedruk. Dít roep ek in herinnering, daarom het ek hoop: Dit is deur die troue liefde van die HERE dat ons nie omgekom het nie, ja, sy ontferming ken geen einde nie. Dit is elke oggend weer nuut – groot is u getrouheid. My erfdeel is die HERE, sê ek; daarom hoop ek op Hom. Goed is die HERE vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek. Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die HERE.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Klaagliedere van Jeremia 3:18-26

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid