Josua 5:13-15

Josua 5:13-15 AFR20

Toe Josua naby Jerigo was, het hy opgekyk. Reg voor hom staan daar skielik 'n man met 'n ontblote swaard in sy hand. Josua gaan toe na hom en vra hom: “Is jy vir ons, of vir ons vyande?” Hy het geantwoord: “Nee, maar ek is die bevelvoerder van die leër van die HERE; daarom het ek gekom.” Josua het neergeval met sy gesig teen die grond, diep neergebuig, en vir hom gesê: “Wat wil my heer vir sy dienaar sê?” Die bevelvoerder van die leër van die HERE het Josua geantwoord: “Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilig.” Josua het toe so gemaak.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Josua 5:13-15

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid