Rigters 5:24-30

Rigters 5:24-30 AFR20

“Geseënd onder die vroue is Jael, die vrou van Geber, die Keniet, geseënd onder die vroue in tente. Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n kom geskik vir magtiges het sy dikmelk aangebied. Haar hand steek sy uit na die tentpen, haar regterhand na die werkers se hamer. Sy slaan Sisera met die hamer, verpletter sy kop; sy verbrysel, sy deurboor sy slape. Aan haar voete sak hy inmekaar, hy val, bly lê; aan haar voete sak hy inmekaar, hy val; waar hy inmekaarsak, daar val hy, neergeslaan. “Deur die venster kyk sy af, die moeder van Sisera roep klaend deur die latwerk: ‘Waarom sloer sy strydwa om te kom? Waarom talm die gerammel van sy strydwaens?’ Die slimstes van haar hofdames antwoord haar; ja, sy sê dit ook vir haarself: ‘Kom hulle nie af op buit en verdeel dit nie? 'n Vrouelyf, twee vrouelywe vir elk van die helde, 'n buit van veelkleurige doeke vir Sisera, 'n buit van veelkleurige doeke, kleurvol geweefde doeke, twee kleurvol geweefde doeke, vir die halse van hulle wat gebuit is.’

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid