Jesaja 61:1-4

Jesaja 61:1-4 AFR20

Die Gees van my Heer, die HERE is op my, omdat die HERE my gesalf het. Hy het my gestuur om 'n goeie boodskap te bring aan magteloses, om dié met gebroke harte se wonde te verbind, om dié wat weggevoer is se vrylating aan te kondig en bevryding vir dié wat geboei is, om die genadejaar van die HERE aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos, om te voorsien vir hulle wat oor Sion rou, om vir hulle •tulbande te gee in plaas van stof, vreugde-olie in plaas van rou, klere vir lofprysing in plaas van 'n verslae gees. Hulle sal genoem word: terebinte van geregtigheid, geplant deur die HERE om Hom te verheerlik. Hulle sal die oeroue puinhope herbou, die verwoeste plekke van vroeër weer oprig, dorpe wat in puin lê, wat geslagte lank verwoes is, sal hulle nuut maak.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid