Genesis 4:17-24

Genesis 4:17-24 AFR20

Kain het met sy vrou gemeenskap gehad; sy het swanger geword en aan Henog geboorte gegee. Kain was toe besig om 'n stad te bou, en hy het die stad na sy seun Henog vernoem. Vir Henog is Irad gebore; Irad het Megujael verwek, Megujael het Metusael verwek, en Metusael het Lameg verwek. Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die een se naam was Ada, en die tweede se naam was Silla. Ada het aan Jabal geboorte gegee. Hy was die voorvader van hulle wat in tente woon by hulle vee. Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die voorvader van almal wat op liere en fluite speel. En Silla, ook sy het geboorte gegee – aan Tubal-Kain, 'n smid en die voorvader van almal wat brons en yster bewerk. Tubal-Kain se suster was Naäma. Lameg het vir sy vroue gesê: “Ada en Silla, luister na my stem! Vroue van Lameg, hoor wat ek sê, want vir 'n wond aan my maak ek 'n man dood, 'n jong man vir 'n kneusplek aan my! Ja, sewe maal word Kain gewreek, maar Lameg sewe-en-sewentig maal.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid