Genesis 19:23-30

Genesis 19:23-30 AFR20

Die son het oor die aarde opgekom toe Lot in Soar aankom. Die HERE het op Sodom en Gomorra swael en vuur laat reën wat van die HERE af uit die hemelruim kom. Hy het hierdie stede verwoes en die hele Jordaanstreek – al die inwoners van die stede en ook wat uit die grond spruit. Sy vrou het egter omgekyk, en sy het 'n soutpilaar geword. Abraham is vroeg die oggend na die plek waar hy voor die HERE gestaan het. Hy het afgekyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele gebied van die Jordaanstreek, en gesien daar styg rook op uit die land, soos die rook uit 'n smeltoond. Toe God die stede van die Jordaanstreek verdelg het, het God aan Abraham gedink, en Lot weggestuur uit die verwoesting, toe Hy die stede waarin Lot gewoon het, verwoes het. Lot het uit Soar opgetrek en in die bergland gaan woon. Sy twee dogters was saam met hom, want hy was bang om in Soar te bly. Hy het hom in 'n grot gevestig, hy en sy twee dogters.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid