2 Konings 12:4-7

2 Konings 12:4-7 AFR20

Toe sê Jehoas vir die priesters: “Al die silwer van die •heilige gawes wat na die huis van die HERE gebring word, die losgeld by 'n volkstelling, die geld van die loskoopwaardes van persone, asook enige geld wat iemand graag na die huis van die HERE wil bring, moet die priesters neem, elkeen van sy penningmeester. Hulle moet dan self die bouvallige plekke in die •tempel herstel, elke bouvallige plek wat gevind kon word.” In die drie-en-twintigste regeringsjaar van koning Jehoas het die priesters egter nog nie die bouvallige plekke in die tempel herstel nie. Koning Jehoas ontbied toe die priester Jojada en die ander priesters, en sê vir hulle: “Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke in die tempel nie? Julle moet dan nou nie meer geld neem van julle penningmeesters nie, maar dit moet vir die herstel van die bouvallige plekke in die tempel oorhandig word.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 Konings 12:4-7

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid