Openbaring 11

11
Die twee getuies
1'n Engel het vir my 'n meet-stok gegee en hy het vir my gesê: “Jy moet kom en jy moet die tempel van God in die hemel meet, jy moet ook die altaar meet en jy moet die mense tel wat in die tempel vir God aanbid. 2Maar jy moenie die oop stuk grond buite die tempel meet nie, los dit, want God het dit vir die ander volke gegee. Hulle sal alles in die gewyde stad 42 maande lank plat trap.”
3En God het gesê: “Ek sal vir my twee getuies sê hulle moet rouklere dra en hulle moet 1 260 dae lank my boodskap bring.”
4Die twee getuies is die twee olyfbome en twee lampe wat voor die Here van die aarde staan. 5As 'n vyand die twee getuies wil seermaak, dan kom daar vuur uit hulle mond en die vuur verbrand die vyand. Ja, as 'n vyand die twee getuies wil doodmaak, dan moet die twee getuies die vyand só doodmaak. 6God het ook gesê dat hulle mag sê dit moenie reën nie, en dan sal dit nie reën nie. Terwyl hulle God se boodskap bring, sal dit nie reën nie. God het ook gesê hulle mag water verander sodat dit bloed word en hulle mag die aarde op baie maniere laat swaarkry, so baie maal soos hulle wil.
7Maar nadat die twee getuies God se boodskap gebring het, sal die dier kom wat in die onderwêreld woon, en hy sal oorlog maak teen die twee getuies. Hy sal hulle oorwin en hy sal hulle doodmaak. 8En die lyke van die twee getuies sal in die straat van die Groot Stad lê. 'n Mens moet dit geestelik verstaan, daardie stad se naam is Sodom en Egipte. Dit is dieselfde stad waar die mense die twee getuies se Here ook gekruisig het. 9Mense van al die volke en stamme en tale en lande sal na hulle lyke kyk, drie en 'n half dae lank. Die mense sal sê niemand mag hulle lyke begrawe nie. 10En die mense wat op die aarde woon, sal bly wees omdat die twee getuies dood is. Hulle sal juig en hulle sal vir mekaar presente stuur, want die twee getuies was profete en hulle het die mense laat swaarkry.
11Maar ná drie en 'n half dae het God sy asem in die twee getuies geblaas, en hulle het weer gelewe. Hulle het regop gestaan, en almal wat hulle gesien het, was baie bang. 12Hulle het gehoor dat Iemand hard uit die hemel roep: “Julle moet opkom hiernatoe!”
En die twee getuies het in 'n wolk opgegaan na die hemel, terwyl hulle vyande vir hulle gekyk het. 13Op dieselfde tyd was daar 'n groot aardbewing, en dit het een tiende van die stad verwoes. Daar het 7 000 mense gesterf in die aardbewing. Die ander mense het baie bang geword en hulle het die God van die hemel geprys.
14Die tweede swaarkry is verby! Die derde swaarkry sal gou kom!
Die sewende trompet
15 Die sewende engel het sy trompet geblaas. Toe het die engele in die hemel hard geskree en gesê:
“Die konings van die wêreld
regeer nie meer nie!
Ons Here en sy Christus
regeer nou!
Ons Here sal altyd
en altyd regeer!”
16Die 24 ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het vir God aanbid. 17Hulle het gesê:
“Ons sê vir U dankie, Here God,
Almagtige!
U is altyd daar
en U was altyd daar!
U wys dat U baie sterk is
en U regeer!
18Die volke was kwaad,
maar nou het U kwaad geword!
Ja, dit is nou die tyd wanneer U
die mense moet oordeel,
die mense wat gesterf het.
Dit is nou die tyd wanneer U
die profete moet beloon,
die profete wat vir U gedien het.
Dit is nou die tyd wanneer U
almal moet beloon,
almal wat aan U behoort,
almal wat vir U respekteer,
grootmense en kinders.
Dit is nou die tyd wanneer U
die mense moet doodmaak
wat die aarde verwoes.”
19En die deure van God se tempel in die hemel het oopgegaan, en 'n mens kon die verbondskis in die tempel sien. Toe was daar weerlig en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook 'n aardbewing en groot stukke hael het geval.

Tans Gekies:

Openbaring 11: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid