Matteus 14:22-33

Matteus 14:22-33 ABA

Daarna het Jesus vir die dissipels gesê hulle moet dadelik in die boot klim en voor Hom na die ander kant van die see gaan. Hy wou eers vir die mense sê hulle moet huis toe gaan. Nadat Jesus al die mense huis toe gestuur het, het Hy alleen teen die berg opgegaan om te bid. Dit het donker geword en Jesus was alleen daar. Die boot was toe ver van die land. Die branders het die boot rondgegooi, want die wind het sterk van voor gewaai. Vroeg die volgende oggend, voordat dit lig geword het, het Jesus na hulle toe gekom. Hy het op die see geloop. Toe sy dissipels Hom op die water sien loop, het hulle baie bang geword en gesê: “Dit is 'n spook!” Hulle was baie bang, en hulle het hard geskree. Jesus het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Toemaar, dit is Ek! Moenie bang wees nie.” Petrus sê toe vir Jesus: “Here, as dit U is, sê dan ek moet op die water na U toe loop.” Jesus het vir hom gesê: “Kom!” Petrus het uit die boot geklim, en toe het hy op die water geloop na Jesus toe. Maar toe Petrus sien die wind is sterk, het hy bang geword. Hy het begin sink en hy het geskree: “Here, red my!” Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en Hy het hom gegryp en vir hom gesê: “Hoekom is jou geloof so min, hoekom het jy begin twyfel?” Hulle het in die boot geklim, en die wind het opgehou waai. Die mense wat in die boot was, het voor Jesus gekniel en vir Hom gesê: “Waarlik, U is die Seun van God.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid