PSALMS 122

122
Bid vir die vrede van Jerusalem
1’n Pelgrimslied. Van Dawid.
Ek was bly
toe hulle vir my gesê het:
“Kom ons gaan
na die huis van die Here.”
2Nou staan ons voete hier,
binne-in jou poorte,
Jerusalem.
3Jerusalem is ’n stad
wat stewig gebou is,
4waarheen die stamme opgaan,
die stamme van die Here.
Dis ’n vereiste vir Israel
dat die Naam van die Here
daar geprys moet word.
5Daar staan die trone
vir regspraak,
die trone van die huis
van Dawid.
6Bid vir die vrede
van Jerusalem,
vir kalmte by almal
wat jou liefhet.
7Mag daar vrede wees
binne jou mure,
rus in jou paleise.
8Ter wille van my broers
en vriende is my wens:
“Mag daar vrede
in jou wees!”
9Ter wille van die huis
van die Here ons God
bid ek:
“Mag dit goed gaan met jou!”

Tans Gekies:

PSALMS 122: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid