PSALMS 121

121
Die Here is my beskermer
1’n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge.
Kom my hulp daarvandaan?
2Nee, my hulp kom
van die Here,
wat hemel en aarde
gemaak het.
3Hy laat jou voet
nie struikel nie;
Hy wat waak oor jou,
slaap nie.
4Hy wat oor Israel waak,
sal nooit sluimer
of slaap nie.
5Die Here waak self oor jou.
Die Here is jou beskermer
aan jou regterkant.
6Die son sal jou bedags
nie aantas nie,
nog minder die maan
in die nag.
7Die Here bewaar jou
van alle kwaad
en Hy beskerm jou lewe.
8Die Here hou wag oor jou,
of jy kom of gaan,
nou en vir altyd.

Tans Gekies:

PSALMS 121: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid