LUKAS 6:20-26

LUKAS 6:20-26 NLV

Jesus het na sy dissipels gekyk en gesê: “Gelukkig is julle wat arm is, want die koninkryk van God is júlle deel. Gelukkig is julle wat nou honger is, want julle sal versadig word. Gelukkig is julle wat nou huil, want die tyd sal kom dat julle van blydskap sal lag. Gelukkig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle uitsluit en beledig en julle naam deur die modder sleep ter wille van My, die Seun van die Mens. “Wanneer dit gebeur, verheug julle! Ja, spring rond van vreugde! Want ’n groot beloning wag vir julle in die hemel. Onthou, die profete van vroeër is net so deur julle voorvaders behandel.” “Ellende wag op julle wat nou ryk is, want julle het julle enigste geluk reeds nou. Ellende wag op julle wat nou versadig en voorspoedig is, want vir julle kom daar ’n tyd van ontsettende hongersnood. Ellende wag op julle wat sorgeloos lag, want julle gelag sal in rou en treur verander. Ellende wag op julle wat deur die skares geprys word, want hulle voorvaders het ook die vals profete geprys.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 6:20-26

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid