JAKOBUS 4

4
Pas op vir wêreldliefde en hoogmoed
1Waar kom die rusies en gevegte onder julle vandaan? Is dit nie julle sondige drange wat julle ledemate soos soldate gebruik om te veg nie? 2Julle wil dinge hê wat julle nie het nie, en pleeg dan moord om dit te kry. Julle is jaloers oor wat ander het, en as julle dit nie in die hande kan kry nie, veg en baklei julle om dit by hulle te vat. En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie. 3En selfs wanneer julle vra, kry julle dit nie omdat julle motiewe verkeerd is – julle wil goed hê net om dit self te geniet.
4In julle huweliksverhouding met God is julle ontrou#4:4 Grondteks egbrekers.! Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou ’n vyand van God maak nie? Hoor wat ek sê: As jy die wêreld tevrede wil stel, het jy klaar as vyand teen God stelling ingeneem. 5Of dink julle dat die Skrif sommer maar net sê: “God wil die lewe wat Hy ons gee, nét vir Homself hê”?#4:5 Of Met jaloersheid wil die Gees, wat God in ons laat woon, hê dat ons aan God lojaal sal bly. Dis nie moontlik om hier ’n spesifieke Skrifverwysing te identifiseer nie. Dit is waarskynlik ’n samevatting van verskillende Skrifmotiewe. 6God is egter besig om ons steeds meer genade#4:6a Of onverdiende goedheid. te gee om aan Hom getrou te wees. Daarom sê die Skrif:
“God weerstaan hoogmoedige
mense,
maar aan nederige mense
gee Hy genade.”#4:6b Spr 3:34.
7Wys dus dat julle van God afhanklik is deur na Hom te luister. Weerstaan die duiwel en hy sal van julle af wegvlug. 8Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie.
9Trane moet wys julle is jammer oor die verkeerde goed wat julle aangevang het! Treur en huil! Julle gelag moet in droefheid verander, en julle blydskap in bedruktheid! 10Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee.
Moenie lelike goed van mekaar sê nie
11Moenie lelike goed van mekaar sê nie, broers en susters#4:11a Grondteks broers.. As julle lelike dinge van ’n medegelowige sê of ’n medegelowige#4:11b Grondteks broer. kritiseer, dan kritiseer julle die wet. En as julle die wet kritiseer, is julle nie daders van die wet nie, maar regters.
12Net God – Hý wat die wet gemaak het – kan as Regter oor ons optree. Net Hý het die mag om te verlos of te vernietig. Dit is dus baie duidelik dat julle nie regter oor julle naaste kan speel nie.
Besef hoe afhanklik julle van God is
13Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly, ons sal sake doen en wins maak.” 14Julle weet nie eers wat die lewe môre vir julle inhou nie! Julle is soos die oggendmis – dis vir ’n rukkie sigbaar, en dan is dit weer weg.
15Julle moet eerder sê: “As die Here dit so beskik, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” 16Maar nou is julle arrogant en spog julle. Al sulke grootpratery is verkeerd.
17Hou in gedagte: As ’n mens weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.

Tans Gekies:

JAKOBUS 4: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid