JAKOBUS 5

5
Ryk onderdrukkers moet voor God rekenskap gee
1Kom nou, julle ryk mense, huil en treur oor al die swaar wat vir julle voorlê. 2Julle rykdom sal definitief vergaan en julle klere deur motte gevreet word. 3Julle goud en silwer sal beslis oproes. Hierdie einste roes sal soos vuur julle vleis wegvreet. Só sal die goud en silwer wat julle opgegaar het, op die oordeelsdag teen julle getuig. 4Kyk, die betaling van die arbeiders wat julle lande afgeoes het en wat julle van hulle teruggehou het, skree teen julle. En die krete van dié wat geoes het, het die ore van die Here die Almagtige bereik. 5Hier op aarde het julle luuks en in weelde geleef, en na hartelus elke behoefte bevredig. Julle harte is mooi vetgemaak, net reg vir die slagdag. 6Julle het goeie mense veroordeel en vermoor, en hulle kon hulle nie teen julle verdedig nie.
Volhard totdat die Here kom
7Wees dan geduldig, broers en susters#5:7, 9b, 10a, 12a, 19 Grondteks broers., totdat die Here weer hier is. Dink net hoe ’n boer uitkyk vir die herfs- en lentereën. Hy wag geduldig vir die kosbare oes wat die land oplewer. 8Net so moet julle geduldig wees. En skep moed#5:8 Grondteks maak julle harte sterk., want die koms van die Here is naby.
9Moenie oor#5:9a Of teen. mekaar kla nie, broers en susters#5:7, 9b, 10a, 12a, 19 Grondteks broers., anders sal God oor julle oordeel. Kyk, die Groot Regter kom. Hy staan al voor die deur!
10Broers en susters#5:7, 9b, 10a, 12a, 19 Grondteks broers., neem die profete wat namens#5:10b Of in die Naam van. die Here gepraat het as ’n voorbeeld van geduld in swaarkry. 11Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou.
Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde.
Moenie ’n eed aflê nie
12My broers en susters#5:7, 9b, 10a, 12a, 19 Grondteks broers., die belangrikste is dat julle nie moet sweer#5:12b Of ’n eed moet aflê. nie – nie by die hemel nie, nie by die aarde nie, nie by enigiets anders nie. Sê net “ja” of “nee”, en bedoel dit. Dan sal julle nie veroordeel word nie.
Wees verseker van die krag van gebed
13Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere#5:13 Grondteks psalms. sing nie.
14Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam#5:14 Of met ’n mandaat. van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid. 15En ’n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan. En watter sondes die sieke ook al gedoen het, dit sal hom vergewe word.
16Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking. 17Elia was ’n mens net soos ons. Nogtans, toe hy ernstig gebid het dat dit nie moes reën nie, het daar drie jaar en ses maande lank nie ’n druppel op die aarde geval nie! 18Toe hy vir reën gebid het, het God reën gegee. Die plante het weer gegroei.
Bring die afgedwaaldes terug
19My broers en susters#5:7, 9b, 10a, 12a, 19 Grondteks broers., as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom laat terugdraai, 20weet dan dat hy wat ’n sondaar van sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood verlos en maak dat ’n klomp sondes bedek#5:20 Of vergewe. word.

Tans Gekies:

JAKOBUS 5: NLV

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid