GALASIËRS 5:19-26

GALASIËRS 5:19-26 NLV

Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie. Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig. Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal. Ons moenie te veel van onsself dink, mekaar irriteer of op mekaar jaloers wees nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid