Leesplan inligting

Veranderde LeweVoorbeeld

Living Changed

DAG 7 VAN 7

'n Veranderde Lewe


Ons is dogters van die Koning. Ons het 'n koninklike afkoms wat aan ons ongeëwenaarde mag en krag gee. Saam met daardie geskenk kom daar 'n verantwoordelikheid om in God se waarheid gevestig te wees en vir ons geliefdes te veg. 



Saam met 'n weermag van gelowiges, geklee in die volle wapenrusting van God, kan ons die vyand stormloop sonder om te skrik vir die dolke wat hy na ons toe gooi. Ons kan in die geveg beide vroulik én sterk wees. Met opleiding kan ons leer om Satan se leuens te beveg, totdat dit ons nie meer affekteer nie.



As 'n vriendin sê sy is nie goed genoeg nie, is jy die eerste wat sê dat dit nie waar is nie. Tog is ons geneig om dit oor onsself te glo. Die verskriklike leuens wat die vyand in ons ore fluister maak seer. Ons sal dit nie eens vir iemand anders sê nie, dus moet ons dit ook nie vir onsself sê nie. 



Ons moet op dieselfde manier veg teen negatiewe denke oor onsself. As jy dink: "Ek is nie mooi nie," "Ek is nie goed genoeg nie," of "Ek verdien dit," hou dadelik op. Verwerp daardie leuens en sê hardop God se waarheid.



God sê dat Hy vestings sal neerwerp. Dis nie tydelik of passief nie. Dit beteken dit is verby en vir altyd weg. Hoe meer ons met die wapens van die vyand bekend raak en hoe meer ons gevestig is in wat God van ons sê, hoe makliker sal dit word om die aanvalle af te weer. Hierdie dolke is nie letterlik nie, maar kan ons aandag aflei van dit waarop ons veronderstel is om te fokus. 



'n Veranderde lewe beteken dat jou identiteit in Christus geanker is. Jy weet hoe om geestelike oorlogvoering te herken en daarin te veg. Jy vergeet wat agter lê en kan in vryheid vorentoe beweeg. Jy is gewillig om die stryd aan te sê en jou geliefdes met fiere vroulikheid te beskerm. 



Om God se waarheid te glo en daarin te wandel, is die enigste manier waarop ons 'n veranderde lewe kan begin lei.



Ons gebed is dat God hierdie leesplan gebruik het om tot jou hart te spreek.
Ontdek ander "Living Changed" leesplanne
Kom meer te wete oor "Changed Women" se bedieninge


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed

Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid