Leesplan inligting

Veranderde LeweVoorbeeld

Living Changed

DAG 2 VAN 7

Vergifnis


Ek is bekend daarvoor dat ek aan ou seerkry vasklou. Ek kan nou nog steeds al die mense opnoem wat my jare gelede seergemaak het, al onthou hulle my nie eens meer nie. 



Op laerskool, toe ek my klas vertel het dat ek 'n aktrise wou word, het een seun gesê die naaste wat ek ooit aan 'n aktrise sou kom, is as ek in Lassie se plek toertjies sou doen.



Ek het twee keuses gehad: laat dit verbygaan of lewe saam met die las wat sou kom as ek aan die seerkry vasklou. Onvergewinsgesindheid is 'n aaklike bitterheid wat 'n sweer binne ons veroorsaak. Dikwels, as jy seerkry en bitterheid diep in jou binneste begrawe, oorweldig dit jou en uiteindelik kom dit by jou mond uit as jy met ander mense praat. 



Wanneer jy mense vergewe wat jou seergemaak het, sê jy nie dat dit nie gebeur het nie, of dat dit nie saak maak nie, of dat dit reg is nie. Dit beteken ook nie dat jy skuld aanvaar of skaam voel oor iets wat jy nie gedoen of veroorsaak het nie. Om ander te vergewe is 'n gebaar van vriendelikheid teenoor jouself, sodat jy gesond kan word en aan beweeg.



Party vroue kan almal vergewe wat hulle al ooit seergemaak het, maar sukkel om hulleself te vergewe. Dis nie wat God bedoel het nie. As God sê dat ons sonde op die seebodem lê, behoort ons dit nie elke dag weer soos 'n jas aan te trek nie.



Ongeag waar jou seerkry vandaan kom — jouself of ander mense — vergifnis help ons om weg te beweeg van daardie omstandighede wat ons so swaar belas en te aanvaar wat God vir jou wil gee. Ek weier om onder die benamings van ander mense te lewe, en jy moet ook nie.



Ek glo jy kan die toekoms wat God vir jou beplan het in die wiele ry omdat jy so oorweldig word met dit wat in die verlede gebeur het. As jy onvergewinsgesindheid toelaat om jou identiteit te bepaal, kan dit 'n las word wat jou keer om vorentoe te beweeg. 



Het ek 'n beroemde aktrise geword? Nee. Dis nie wat God vir my beplan het nie. As ek aan die seer vasgehou het en Hom probeer verkeerd bewys het, deur 'n aktrise te word, sou ek nie nou 'n vrouebediening gelei het en vroue se lewens sien verander het wanneer ek God se waarheid met hulle deel nie. 



Moenie God se doel vir jou lewe mis omdat jy nie kan vergewe nie. Begryp dat wat jy gedoen het of wat iemand aan jou gedoen het, nie bepaal wie jy is nie. Kies om in vryheid te leef en wees gereed dat God sy doel vir jou lewe aan jou openbaar.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed

Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid