Leesplan inligting

Veranderde LeweVoorbeeld

Living Changed

DAG 5 VAN 7

Geestelike Oorlogvoering


Om met die bewustheid van geestelike oorlogvoering te leef, beteken dat ons eerstens moet verstaan dat daar 'n vyand is wat soos 'n brullende leeu rondloop. Leeus laat jou nie vroegtydig weet as hulle gaan aanval nie — hulle is slu. Net so is ons vyand ook bedrieglik, geveins en krap dinge onder die oppervlak deurmekaar en sit dan terug en kyk na die gevolge. 



Hy is die vader van die leuen. Hy slinger leuens soos dolke na ons toe en verwag dat ons daarmee sal saamstem. As ons dit doen, verander hy die leuens na stemme in ons koppe wat oor en oor herhaal word. Of ons aanvaar die slegste oor iemand anders en laat toe dat dit konflik tussen ons aanwakker. Elke keer as ons na iets luister wat nie op God se waarheid gebaseer is nie, stem ons met Satan se leuens saam. 



Ander taktieke van die vyand is vrees, onvergewinsgesindheid, ongevoeligheid en konflik. As hy ons aandag kan aftrek van wat God deur ons wil doen, wen hy. Dis hoekom ons teenstand kry as ons iets goeds wil doen. Satan wil nie hê jy moet jou Godgegewe doel uitleef nie. Ons moet ophou om sy aanvalle te aanvaar as ons eie gedagtes. Ons moet leer hoe om die vyand se aanvalle raak te sien vir wat dit is en dit te blokkeer. 



Dit is 'n werklike oorlog. Jou verhoudings word aangeval, want die vyand wil jou van jou groep skei en jou vernietig. Onthou egter dat die stryd nie teen die persoon by jou is nie. Dis teen 'n vyand wat gekom het om te steel, dood te maak en te verwoes. Ons moet saam veg vir onsself, ons huweliksmaats, kinders en vriende. 



As ons bewus is van die vyand se planne, sal ons anders lewe. Ons moet daagliks die volle wapenrusting van God aantrek. Dis nie beeldspraak nie, maar 'n riglyn hoe om God se waarheid regdeur die dag te onthou. Ons hoor gereeld dat God se woord 'n wapen is. Wanneer het jy laas jou wapen skerpgemaak of dit in 'n geveg gebruik? Jy het die volle krag en mag van Christus tot jou beskikking. Gebruik dit om teen die vyand te veg. 



Ons weet hoe die geveg gaan eindig — Jesus gaan oorwin. Veg dus vasberade met vertroue in Christus, sonder om te vrees.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed

Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid