Leesplan inligting

Veranderde LeweVoorbeeld

Living Changed

DAG 1 VAN 7

Identiteit


Ons is almal uniek geskape. Hoekom vergelyk ons onsself dan met ander? Ons sal nooit soos ander wees nie en is ook nie veronderstel om soos ander te wees nie. God het presies geweet wat Hy doen toe Hy elkeen van ons geskape het. Hy het moeite gedoen en sy tyd gebruik om elke perfekte besonderheid te skep vir die presiese doel wat Hy vir ons beplan het. Ons lyk en is presies soos Hy ons wou hê, want God wou ons uniekheid tot eer van sy Naam gebruik.



In my vroeë twintigerjare was ek daarin vasgevang om myself te vergelyk met my vriendinne, vroue op straat en selfs Hollywood aktrises — en ek het gewens ek het anders gelyk. Ek het gewens ek het 'n ander klere grootte gehad, dat ek ander vaardighede of ‘n ander persoonlikheid gehad het. God maak egter nie foute nie. My eienskappe wat ek wou verander, is spesiaal vir my deur die Skepper van hemel en aarde uitgesoek.



As jy na God se skepping in die natuur kyk, sal jy nooit die vorm van die berge, die plante of die wilde diere kritiseer nie. Jy aanvaar dit net as pragtig, nieteenstaande, of as gevolg, van die tekortkominge. Tog kla ons oor onsself. Wanneer ons dit doen is ons oneerbiedig teenoor ons Skepper en sê: “U meesterstuk is vol foute.” 



Kan jy aan ‘n onlangse projek dink waaraan jy werklik hard gewerk het? Dalk het jy ure daaraan gewy en moeite gedoen met elke klein besonderheid, om seker te maak dit is absoluut perfek. Ons moet verstaan, dis hoe God ons sien — as ‘n unieke en perfek geskape meesterstuk. Dink aan die ingewikkelde besonderhede van jou vingerafdrukke. Elke persoon is so uniek dat selfs die mikroskopiese besonderhede van persoon tot persoon verskil. Elke besonderheid — selfs die hare op jou kop — is met sorg beplan.



Tog is ons geneig om onsself te vergelyk met iemand met ‘n dunner middellyf, gehoorsamer kinders, mooier huis, of wat ook al. Verstaan egter dat 'n meesterstuk nie nagemaak of gedupliseer kan word nie. Dit is enig in sy soort. 



Ons moet ophou om te vergelyk. Ophou om uitdagend te wees oor wat God van ons sê. Ophou om die vyand se leuens te glo. Ophou glo wat die wêreld van ons sê en die waarheid onthou. Onthou wat God van ons in sy woord sê. Dit is waar jou identiteit vandaan moet kom — wetend dat jy Syne is en Hy jou pragtig noem.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed

Vergelyk jy jouself dikwels met ander of met die samelewing se standaard van wat dit behels om 'n vrou te wees? Wat as jy eerder fokus op wat God van jou sê en leer hoe om die stryd te stry teen die sluwe leuens van die ...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid